This is the Media page and here I will list any media that relates to me or my charity.
Scans from the April 2010 issue of Sarie containing articles about Hanna.
Vir Hanna Grobler waarskynlik Survivor se mees onderskatte blondine, was liefdadigheidswerk van kindsbeen af 'n passie. Twee jaar gelede het sy haar eie liefdadigheidsorganisasie, die Hanna Charity and Empowerment Foundation, geregistreer.
Haar organisasie fokus op reeds bestaande instellings soos 'n kleuterskool, die Pretoria Akademiese Hospitaal, ouetehuise, kinderhuise, arm gemeenskappe en individue met spesifieke behoeftes. Daar word bederfpakkies en speelgoed uitgedeel, of sommer net met eensames gesels.
Sy het op skool al naweke by 'n huis van veiligheid gewerk en gereeld pasiënte in 'n geriatriese sentrum gaan besoek. Op universiteit het sy gratis dramaklasse gegee in Cloetesville, 'n arm bruin gemeenskap net buite Stellenbosch, en 'n bediening onder straatkinders en bergies gehad.
"Liefdadigheidswerk gee betekenis aan my lewe. Ek wil elke dag 'n verskil maak in iemand se lewe, al is dit net om in iemand te glo wat al lankal nie meer in homself glo nie. Fisieke kontak is net so belangrik - ek het al gesien hoe 'n groot verskil net 'n drukkie kan maak, of om iemand se hand vas te hou. As jy opreg liefde gee vir mense in nood, is dit vir jou net so helend soos vir die ander mens."
Lees meer by www.hannagrobler.co.za, of bel Miranda Horton by 012 346 0755 of 073 333 8123.
Haar tyd op die eiland Santa Carolina het mense ’n ander kant van haar laat sien as net die sexy blondine, sê Hanna Grobler. En sy’t baie van haarself geleer
Jy kan jou maklik met Hanna Grobler misgis.
Sy is fyn en blond en praat met ’n amperse dogtertjiestem. Maar vra ’n bietjie rond oor hoe sy Survivor SA Santa Carolina hanteer het en jy hoor gou: Hanna is sterk, positief en sy hét uithouvermoë.
Sy het nie net haarself nie, maar ook die TV-span van dié werklikheids-reeks verras. Hanna is ’n goeie voorbeeld van die Voortrekker-vrou wat kaalvoet oor die Drakensberg geloop het, sê Lani Lombard, M-Net se publisiteitsbestuurder. (Lani was ook op die Mosambiekse eiland.)
Hier deel Hanna haar hoogtepunte op die Survivor-eiland
* Die dag toe ek spinasie-agtige plante gekry het. Dieselfde plante groei in my ouers se tuin in Ramsgate in KwaZulu-Natal. Dis hoe ek geweet het ons kan dit eet. Daar was dae dat ons nét dit geëet het.
* Die keer toe ons ná die storm die beloning-uitdaging gewen het. Ons was moeg, honger en moedeloos en dit het ons gemoed gelig.
* Pret saam met Sade op die eiland. Ons het hopscotch en rugby met ’n kokosneut gespeel.
* Toe Okkert met ’n kis oor die horison aangestap kom. Ons het nie geweet wat dit is nie, maar toe ons dit oopmaak, was dit vol kos.
Oorspronklike artikel van Sarie.com
HANNA GROBLER het nou wel as lid van die Chibudu-stam in Survivor: Santa Carolina harde bene gekou in Mosambiek, maar dit het haar nie gekeer om weer in die Kerstyd saam haar geliefde, BOK VAN BLERK, na ons buurland weg te breek nie. "Dit was so lekker om die ongelooflike skoonheid van Mosambiek met hom te deel," vertel sy. Die duifies ruim graag tyd in vir liefdadigheid, Hanna het die geld wat sy met Survivor verdien het aan haar Charity Empowerment Fund geskenk en hulle het vandeesmaand geskenkpakkies in twee ouetehuise in Danville, Pretoria, uitgedeel. Daar wou die tannies net vir Bok met 'n soen groet, vertel sy laggend. "Ek is so lief vir ou mense - voor ek my oë kon uitvee, was drie uur verby," sê sy.
A Mother Of A Blow-Out
REALITY star Hanna Grobler, of Survivor: Santa Carolina fame, celebrated her birthday recently, looking smoking hot. But even when she's celebrating, charity is never far from this lady's mind!
The party was attended by the rest of the Survivor contestants and everyone seemded to be in good spirits! Hanna's birthday party was opened to the public and all proceeds went to the Hanna Charity and Empowerment Foundation, a charity organisation and fully registered NPO (Non Profit Organisation) that Hanna started in March 2008.
The charity delivers aid to the following venues:
So, this just goes to show you that you must never judge a book by its cover. Hanna may be pretty, blonde and come across like a starlet at first glance, but the truth is, she is a phenomenal woman with a heart of gold. Anyone who knows her will attest! Just look at some of the pictures of the evening and the smiles on everyone's faces!
Wanneer 18 van Suid-Afrika se blinkste mense skielik 27 dae op ’n verlate eiland in ’n stryd om oorlewing gewikkel is, kan jy drama verwag. En kykers wat van 20 Januarie op M-Net se nuwe Survivor-reeks inskakel, gaan nie teleurgesteld wees nie. Die vonke gaan spat!
Toe die bekendes besluit het om hul gemaklike leefstyl prys te gee om ten bate van liefdadigheid op die Mosambiekse eiland Santa Carolina te probeer oorleef, het Huisgenoot hulle onder groot geheimhouding in Vilankulous ontmoet voor hulle aan die elemente uitgelewer is. En vandeesweek maak ons eksklusief die deelnemers se name bekend . . .
ASHLEY HAYDEN (42), TV-AANBIEDER
Hierdie is een vrou wat nie wil honger ly nie! Dié voormalige kontinuïteitsaanbieder en Strictly Come Dancing-deelnemer is vasbeslote om te wen, en haar geheime wapen is ’n gaasnet-balromp en rooi broekie wat sy na die eiland geneem het. ‘‘ ’n Visserman-vriend vertel rooi lok seekatte, en dit is dan my seekat-panty’’ vertel sy. Die romp kan sommer as muskiet- en visvangnet instaan.
Die moeilikste, sê sy, is om haar kinders te moet agterlaat.
IZAK DAVEL (26), AKTEUR, SANGER EN DANSER
Die akteur bekend as Scab van Egoli vertel hy raak ‘‘stilweg beduiweld’’ sonder kos. Hy gaan sy vrou, Mericke, die meeste mis en hy het heel eerste sy onderbroek ingepak. ‘‘Ek sal alles vergeet, maar ek gaan nie kaal rondloop nie!’’
Hy het baie uithouvermoë, sy emosies is sy grootste vyand en hy voel ‘‘boggherol vir strategie. Ek sal kyk met wie stamp ek koppe en wie nie, en dit dag vir dag vat.’’
Oorspronklike artikel deur Huisgenoot.com
Aktrise (in onder meer Getroud Met Rugby)
Dan was dit na die sestigerjare: opwindende modes, groot hare en 'n belangrike tydperk in die groei van veral vroulike performance art kunstenaars...of 100 jaar vorentoe om my agterkleinkinders te sien!
Beslis Getroud met Rugby. Die geboorte van my klerereeks Vampiper, my ouma Nellie wat 89 geword het, die feit dat ek elke vertrek in my huis 'n ander kleur geverf het. En in 2009 het ek verlief geraak...
Ek dink jy het die meeste fun in die haarkapper wat jou mooi en vol selfvertroue laat voel.
Mense sal haar dalk onthou as Sam van Binnelanders, maar sy is beter bekend as Casper de Vries se assistent in die kykNET-program Doen met 'n miljoen. Sedert 7 April is Hanna Grobler ook as die rasieleier Kiki in Getroud met rugby op kykNET te sien.
Mense sal haar dalk onthou as Sam van Binnelanders, maar sy is beter bekend as Casper de Vries se assistent in die kykNET-program Doen met 'n miljoen. Sedert 7 April is Hanna Grobler ook as die rasieleier Kiki in Getroud met rugby op kykNET te sien. Liesl Roodt het vir haar 'n paar vrae gehad.
Jy het al in musiek-video's en TV-advertensies verskyn. Maar is die rol in Getroud met rugby jou eerste grote as aktrise? My eerste rol in die bedryf was 'n hoofrol in die verhoogproduksie Skroothonde, wat daardie jaar die Aardvark-prys gewen het. Daarna het ek in verskeie verhoogproduksies en TV-reekse gespeel, maar nooit langer as 3 maande nie. Ek glo as jong aktrise moet jy soveel as moontlik verskillende karakters speel en in al die genres werk. My langste kontrak voor Getroud met rugby was Doen met 'n miljoen. Dit was groot pret en elke episode was 'n uitdaging, omdat daar nooit 'n teks was om op staat te maak nie. Getroud met rugby is my eerste groot rol in 'n dramareeks.
Hoe het jy gevoel toe jy hoor jy het die rol gekry? Ek was baie opgewonde, dis 'n ongelooflike eer om saam met Deon Opperman en Cobus Rossouw te werk.
Wat het jy die meeste geniet terwyl jy aan Getroud met rugby gewerk het? Dit was lekker om 'n uitdagende karakter te speel en ons akteurs het groot vriende geraak op stel!
Wat was vir jou die grootste uitdaging daarvan? Die liefdestonele aan die begin . . . ek is eintlik 'n skaam meisie.
En wat sou jy as jou grootste uitdaging tot dusver in jou lewe beskou? Dis vir my moeilik in die toneelbedryf, omdat dit 'n selfbehepte industrie is waar jy jouself heeltyd moet bemark. Terwyl my groot passie eintlik my liefdadigheidsorganisasie, Hanna Charity and Empowerment Foundation, is, waar jy ander altyd eerste moet stel. Ek het dit verlede jaar gestig en dis twee wêrelde wat ek nog probeer balanseer.
Doen jy steeds modelwerk? Nee, modelwerk was nog nooit 'n prioriteit in my lewe nie.
Hoe sou jy jouself beskryf? Gelukkig en ongelooflik dankbaar. Ek sien op Facebook jou naam is eintlik Hanelia, of is dit net 'n modelnaam? Dis my doopnaam, 'n kombinasie van my liewe ouma se name, Petronella Johanna. Hanna is my verhoognaam en almal wat my ken noem my sommer Hanna.
Watter rol hoop jy om in die toekoms los te slaan? 'n Lekker lawwe rol in 'n verhoogproduksie, of 'n ernstiger karakter op televisie wat nie 'n blonde poppie of dumb blonde is nie . . . ek sal my hare swart kleur as ek moet. Besoek kykNET se webblad oor Getroud met rugby
Aanhangers van Casper de Vries sal vir Hanna Grobler onthou as sy verspotte assistent op die kykNET-program Doen met ’n miljoen.
Dié wulpse aktrise is nou te sien as die verleidelike rasieleidster, Kiki, in die reeks Getroud met rugby. “Ons is ook nou besig om die tweede reeks van Getroud met rugby te skiet en ek is ook te sien in die reeks Askies saam met Hanli Rolfes-Opperman,” sê sy.
Hanna is geen vreemdeling op die kassie nie. Sy het in talle advertensies en musiekvideo’s, soos Jakkie Louw se 3 Pikkewyne, verskyn en was ook in 7de Laan en Binnelanders.
Alhoewel daar sterk gerugte was dat die prikkelpop AB de Villiers se voete onder hom uitgeboul het, lag Hanna die praatjies af.
“Ek en AB ken mekaar al vir drie jaar en hy is ’n wonderlike mens. Ons het deur gemeenskaplike vriende ontmoet, maar is altwee te besig met ons loopbane om enigsins verhoudings te oorweeg,” sê sy.
Haar woordvoerder, Laurie Botha, is vol lof vir haar akteursvernuf en reken sy gaan dit nog ver in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf bring.
“Ek werk daagliks met baie sterre, maar Hanna staan uit.
“Sy is ’n gemaklike mens met ’n groot hart en haar werk is haar eerste prioriteit,” sê hy.
“Ek hoor jy het baie lood in jou potlood,” sê die rasieleidster vir die supersexy vleuel.
“Dit hang af wat jy wil hê ek moet teken,” antwoord hy suggestief terug.
Dit is ’n toneel uit die splinternuwe reeks Getroud met rugby, wat van 7 April om 20:00 op kykNET te sien is.
Die bekendstelling van die reeks van 26 episodes het Donderdagaand by Die Venue in Melrose Arch plaasgevind en orals was met groot name te sien wat in dié nuwe reeks vir moles gaan sorg.
Moenie verwag om ’n rugbywedstryd in die reeks te sien nie. In hierdie program gaan kykers skaars die veld gewaar. Miskien sal jy sien hoe ’n speler oefen of van die veld af hardloop.
Getroud met rugby fokus meer op die skandale en sekskapades van vier rugbypaartjies. Die reeks is die dramaturg Deon Opperman en vroulief Hanli se breinkind en handel nie soseer oor die wedstryd nie, maar eerder oor wat agter die skerms in ’n rugbyspeler se lewe gebeur.
“Basies is die manne getroud met rugby. Die vroue is getroud met die manne wat rugby speel en die derde party is rugby,” sê Deon.
Hanna Grobler speel die rol van rasieleier Kiki. Sy is ook bekend as Casper de Vries se assistent in Doen met ’n miljoen op kykNET.
Anel Alexander (7de Laan) is Julia wat vir die spelers fisioterapie gee. Sy verklap dat sy raad by haar fisioterapeut-suster, Marilet Klopper, gekry het. Altus Theart (Bakgat) speel die vleuel wat die rasieleidsters deurdraf. “Ek speel Fafa, wat nie ’n tekort aan vrouegeselskap het nie...”