Hanna Grobler: "Ek's g'n blonde poppie"Article by Sarie - April 2010 on Friday, the 16th of July, 2010
Haar tyd op die eiland Santa Carolina het mense ’n ander kant van haar laat sien as net die sexy blondine, sê Hanna Grobler. En sy’t baie van haarself geleer Jy kan jou maklik met Hanna Grobler misgis. Sy is fyn en blond en praat met ’n amperse dogtertjiestem. Maar vra ’n bietjie rond oor hoe sy Survivor SA Santa Carolina hanteer het en jy hoor gou: Hanna is sterk, positief en sy hét uithouvermoë. Sy het nie net haarself nie, maar ook die TV-span van dié werklikheids-reeks verras. Hanna is ’n goeie voorbeeld van die Voortrekker-vrou wat kaalvoet oor die Drakensberg geloop het, sê Lani Lombard, M-Net se publisiteitsbestuurder. (Lani was ook op die Mosambiekse eiland.) Hier deel Hanna haar hoogtepunte op die Survivor-eiland * Die dag toe ek spinasie-agtige plante gekry het. Dieselfde plante groei in my ouers se tuin in Ramsgate in KwaZulu-Natal. Dis hoe ek geweet het ons kan dit eet. Daar was dae dat ons nét dit geëet het. * Die keer toe ons ná die storm die beloning-uitdaging gewen het. Ons was moeg, honger en moedeloos en dit het ons gemoed gelig. * Pret saam met Sade op die eiland. Ons het hopscotch en rugby met ’n kokosneut gespeel. * Toe Okkert met ’n kis oor die horison aangestap kom. Ons het nie geweet wat dit is nie, maar toe ons dit oopmaak, was dit vol kos. Oorspronklike artikel van Sarie.com |
Upcoming eventsUser login |