Ons wil 'n verskil maakArticle by Rooi Rose Mei 2010 on Friday, the 16th of July, 2010
ONS WIL 'n verskil maak...Vir Hanna Grobler waarskynlik Survivor se mees onderskatte blondine, was liefdadigheidswerk van kindsbeen af 'n passie. Twee jaar gelede het sy haar eie liefdadigheidsorganisasie, die Hanna Charity and Empowerment Foundation, geregistreer. Haar organisasie fokus op reeds bestaande instellings soos 'n kleuterskool, die Pretoria Akademiese Hospitaal, ouetehuise, kinderhuise, arm gemeenskappe en individue met spesifieke behoeftes. Daar word bederfpakkies en speelgoed uitgedeel, of sommer net met eensames gesels. Sy het op skool al naweke by 'n huis van veiligheid gewerk en gereeld pasiënte in 'n geriatriese sentrum gaan besoek. Op universiteit het sy gratis dramaklasse gegee in Cloetesville, 'n arm bruin gemeenskap net buite Stellenbosch, en 'n bediening onder straatkinders en bergies gehad. "Liefdadigheidswerk gee betekenis aan my lewe. Ek wil elke dag 'n verskil maak in iemand se lewe, al is dit net om in iemand te glo wat al lankal nie meer in homself glo nie. Fisieke kontak is net so belangrik - ek het al gesien hoe 'n groot verskil net 'n drukkie kan maak, of om iemand se hand vas te hou. As jy opreg liefde gee vir mense in nood, is dit vir jou net so helend soos vir die ander mens." Lees meer by www.hannagrobler.co.za, of bel Miranda Horton by 012 346 0755 of 073 333 8123.
|
Upcoming eventsUser login |